Do you want to visit the website in Afrikaans? Ja / Nee

Dawie Jacobs

Lydenburg
083 455 7969
Alle produkte

< terug

Malu-groep plant Pannar vir uitstekende resultate

Die Malu-groep, bekend om sy gehalte-varkvleis, het drie varkplase in die Noord-Kaap en Noordwes waar hy met 45 000 varke boer. Dié boerdery verbou nét Pannar se geelmielies op sy eie besproeiingsgrond van 930 ha, wat 60% van die goeiegehalte-rantsoene vir die varke uitmaak.

Sedert 2020-’21 gebruik die Malu-groep nét Pannar se mielie- en koringsaad in sy besproeiingsboerdery, sê Marius Malherbe, die besturende direkteur. Verskeie toetse bevestig dat Pannar die beste saad vir hul doeleindes is. Boonop kry hulle uitstekende diens van Pannar se verteenwoordiger, Charlie de Beer.

Die Malu-groep het ongeveer 300 werknemers in 12 maatskappye wat elkeen ’n eienaar van die varkvleiswaardeketting is.

Die groep verbou gewasse, vervaardig veevoer, teel varke en het ’n slagplaas en ’n varkvleisverwerkingsfabriek in Kimberley van waar hy karkasse, bevrore, ontbeende varkvleis en hoëwaarde-varkvleisprodukte na meer as 350 groot- en kleinhandelaars versprei.

Die gehalte van die mielies wat hulle vir hul veevoerfabriek verbou, is uiters belangrik vir dieregesondheid. Die groep produseer gemiddeld 15 ton van Pannar se mieliebasters per hektaar en gebruik 14 500 ton in die varkvoerrantsoene. Geelmielies het ’n hoër opbrengs as witmielies onder besproeiing en hoër betakaroteen, wat belangrik vir dieregesondheid en ’n goeie immuunstelsel is.

“Ons gebruik Pannar se mieliebasters met PowerCoreTM-tegnologie wat ’n unieke kombinasie van drie Bt-proteïene tesame met glifosaatverdraagsaamheid en uitstekende bekamping van plae en onkruid bied, asook met ’n toevlugsoordaanplanting van 5%,” sê Marius.

“Pannar speel ’n groot rol in ons besigheid. Charlie inspekteer gereeld die landerye en hou ons op die hoogte van die nuutste ontwikkelings. Die basters wat hy aanbeveel het, het hoë opbrengs, goeie staanvermoë en vinnige afdroging.”

Die PAN 3P-924PW wat Malu plant, is ’n ultravinnige bastergeelmielie, sê Charlie. “Die regop blaargroeiwyse is aangepas vir hoë plantdigthede en besproeiing. Dit het goeie algemene siekteweerstand en puik graangehalte.”

Charlie ken Malu Pork al langer as ’n dekade. “Hulle pas uitstekende onkruidbekamping toe en skeduleer watertoediening deur gebruik te maak van vogsensors in die grond. Die bemestingprogramme soos met GWK-presisiedienste bespreek, word volledig toegepas en hulle maak hul eie kompos.

“Dit is maklik om nuwe basters met hulle te bespreek, want hulle is bereid om dit saam met ander basters te toets.”

Marius stem saam: “Ons het verlede jaar onder een spilpunt Pannar se proewe met verskillende saadbehandelings gedoen op mielies wat ons nou gaan stroop. Charlie en sy landboukundige bring ’n weegkarretjie en meet die proewe wat ons stroop. Uit die resultate kan ons gevolgtrekkings maak, en aanpassings doen indien nodig.

“Ons het Pannar se saad drie jaar gelede begin gebruik nadat ons heelwat proewe van verskillende
saadmaatskappye aangeplant het.

“In 2022 het ons baie reën gehad tot laat in die seisoen. Dit was só nat, ons kon nie met stropers
ingaan nie. Pannar se mielies het bly staan; die ander nie.

“In 2023 was ons hele mielie-aanplanting nét Pannar se basters – PAN 3P-724BR en PAN 3P-924PW. Omdat die afdroogtyd vinnig is, wen ons sowat tien dae. Dit is belangrik, want ons volg dit dadelik met koring op,” sê Marius.

Mikotoksiene afkomstig van verrottende plantmateriaal het ’n baie nadelige invloed op
sogvrugbaarheid. Daarom volg Malu eerder ’n konvensionele brand-en-plant-bewerkingsmetode
wanneer mielies ná koring aangeplant word as geenbewerkingsmetodes.

Die groep doen geen ná-opkomsbewerkings op die kleigrond nie.

“Ons bandplaas ’n 2.3.2-kunsmismengsel tydens plant. Die res van die bemesting is ureum (in korrelvorm), kaliumchloried en ammoniumsulfaat.”

Die varke se daaglikse 200 ton mis en afvalwater word op oorlêlande gespuit vir bemesting.

Vooropkoms-onkruiddoder, met die normale glifosaatbespuiting agterna, word toegedien. “Ons doen ook ’n voorkomende swambehandeling en ’n tweede bespuiting teen insekte.”

Malu se mielieplantdigtheid is vanjaar effe minder om probleme met humiditeit en lugbeweging te verminder. Sowat 85 000 van Pannar se bastersade is per hektaar aangeplant, en die stand wat gerealiseer het, is 79 000 plante. Die ryspasiëring is 760 mm.

Deel

Kopieer Skakel