Die broers Jannie en Chris Visser wen gereeld die hoëopbrengs-wedren. Hul plase is 10 km uit mekaar uit en hulle volg dieselfde boerderypraktyke.
Chris Visser, van die CR-boerdery, en Jannie Visser, van die Jarc-boerdery, boer by Delareyville in Noordwes.
Jannie sê hy boer altyd konserwatief, maar bly ook heeltyd op sy knieë. “Verder vermag ons alles deur genade.”
Jannie boer met beeste en plant mielies, sojabone en sonneblomme.
Vir sojabone plant Jannie PAN 1664R, vir sonneblom plant hy PAN 7180CLP en PAN 7160CLP, en vir mielies plant hy PAN 5R-891BR, PAN 5R-990BR en PAN 4R-838BR.
Wanneer Jannie besluit watter basters om aan te plant, is dit belangrik dat die baster droogteverdraagsaam is.
Vir risikobestuur reken Jannie is dit belangrik om iets van alles te plant. “ ’n Bietjie sojabone, ’n bietjie sonneblom, ’n bietjie mielies. Dit versprei die risiko. Elke jaar het verskillende probleme wat opduik. Verlede jaar het ons Sclerotinia op die sonneblom gehad en as ek net sonneblom geplant het, het ek ’n groot dilemma gehad.”
Verlede jaar het Jannie vir die eerste keer sonneblom in November al begin plant. “Ek het dit voor die mielies geplant. anders as wat ons voorheen gedoen het. Ons het verlede jaar ongelukkig baie Sclerotinia gehad wat moontlik vanweë die baie reën gebeur het. Met die vroeër plantdatum was die doelwit om die ontwikkeling van die sonneblom te laat saamval met die goeie reën wat ons in die eerste helfte van die seisoen gewoonlik kry. Sover vind ons dit het goed gewerk.
“Ná die sonneblom het ek die sojabone geplant en heel laaste die mielies.
“Ons het in Januarie ’n droogte gehad. Gelukkig het die mielies eers ná die droogtetydperk begin blom. Die mielies was einde Januarie klaar geblom.”
Jannie en Chris het albei sonneblom en sojabone op 350 ha elk aangeplant. Die plantestand van die sonneblom was 40 000 per hektaar, terwyl die stand van die sojabone 280 000 plante per hektaar was. Die plantestand van Jannie se mielies was 17 000-20 000 per hektaar, terwyl die stand by Chris 24 000 per hektaar was.
Die ryspasiëring was 91 cm. Albei se beoogde stroopdatum is begin April met die sonneblom, daarna die sojabone en dan die mielies.
Die opbrengspotensiaal vir die sojabone is beraam op 2 t/ ha, vir sonneblom is dit 1,5 t/ha, en vir mielies is dit 4 t/ha.
Albei broers plant die gewasse onder droëland.
“Ons doen geenbewerking. Ons spuit maar net die lande skoon vir onkruid en kyk dat die voedingstatus reg is. By die sojabone dien ons fosfor en kalium toe, want dit bind mos sy eie stikstof. By sonneblom gebruik ons ’n 11:1:0 NPK-mengsel, en by mielies ’n 3:2:0 NPK-mengsel. By die mielies dien ons ook agterna bobemesting toe.”
Chris sr. was nie tydens die onderhoud beskikbaar nie. Jannie se seun, Chris jr., wat saam met sy oom boer, het die CR-boerdery se inligting oorgedra.
Die broers plant verskillende kultivars. Chris plan as volg aan.
Mielies
Sojabone
Sonneblom
Van links, Pieter Visser jr., pa Jannie Visser, Cornel Ferreira van Pannar, en Chris jr. FOTO’S: MARIEKE SNYMAN
Chris sê meerkoppigheid en stabiliteit is belangrik. “Ons kry baie probleme met mielies wat omval as dit te warm of droog is.
“Ons boerderymetodes is baie dieselfde. Wat ek anders gedoen het by die sojabone, is dat ek ’n 5.7-groeiklas tot en met ’n 6.7-groeiklas geplant het om die oestydperk vir die sojabone te verleng. Só keer ek dat hulle oopspring terwyl ons stroop.”
Chris het ook dieselfde oppervlaktes met sojabone en sonneblom beplant, maar hy het 640 ha mielies aangeplant.
Die mielies se plantestand was 24 000 plantjies per hektaar.“Volgende jaar sal ons wel die mielies weer teen ’n bietjie laer plantestand plant.”
Chris het die sojabone met ’n insekdoder bespuit om wurms te bekamp. Albei broers plant Bt-mielies aan. “By sonneblom kan kommandowurms ’n probleem wees, maar ons het nie vanjaar daarmee gesukkel nie.”
Albei die broers pas wisselbou toe, maar volg nie ’n spesifieke volgorde van gewasse nie.
Hoekom Pannar?
“Ons het ’n uitstekende verteenwoordiger in Cornel Ferreira. Pannar se produkte lewer ook goeie gehalte graan,” sê Jannie.
“Pannar se kultivars het die afgelope paar nat jare baie goed gevaar,” sê Chris.
Click here to view our comprehensive 2023 Product Catalogue. To locate your nearest PANNAR Sales Representative, kindly navigate to our "Contact Us" page.
PANNAR Sprout, our mobile App, is available for free download from the Apple App Store and Google Play.
We have a variety of handy tools and calculators available for your convenience.
PANNAR SEED is a leader in the seed industry and an award winner in its field. Our longstanding successes, both... More >
We are very proud to be part of this success story with PAN 4P-928PW at Greenway Farm in Dejagersdrif, located between Dundee and Vryheid," says Kerry... More >